Artat385 leer kinders van jongs om kuns te waardeer en te be-oefen op ‘n gemaklike en ontspanne wyse. Ons leer die kinders handvaardigheid, kleurgebruik en waarneming en dit lei tot selfvertroue wat kreatiewe denke stimuleer. ‘n Verskeidenheid interessante 2- en 3 dimensionele projekte in verskillende mediums en tegnieke word gedurende die jaar gedoen. Uitstappies word gereël om aan te sluit by die betrokke temas. Kinders hoef nie talent te hê om kunsklasse by te woon nie, solank hulle net geniet om te teken en te verf is enigiets moontlik! Kyk gerus na die kunswerke in die foto galery en waardeer die kinders se absolute oorspronklike denke.
Om te kan skep is ‘n Godgegewe geskenk wat aan ons almal gegee is. Wanneer jy skep, verfraai jy jou siel. Skepping het ‘n wonderlike manier om uit te kring! Wanneer ander na jou skepping kyk, raak jy hulle siele aan. Terwyl jy skep, kom jou wereld tot stilstand en dis net jy en jouself en kosbare ‘ek’ tyd. Kuns verryk jou lewe. Skep is vreklekker – of jy nou ‘n kleuter of ‘n 80+ jarige is. Jy kan met krale, verf of stukkies glas skep of saam met jou kind ‘n sandkasteel bou en met skulpies versier.
Nuus : Artat385 se jaarlikse kunsuitstalling van kunswerke van 2010 is gehou op die 15de Januarie 2011. Kyk gerus na die fotos van die uitstalling!